Welkom by Laerskool Brits
Laerskool Brits staan al 116 jaar trots in die hart van Brits, Noordwes — ’n plek waar kinders ontdek wie hulle is en wat hulle kan word. Ons glo elke kind het iets besonders om te bied, en elke dag kry hulle die kans om dit met selfvertroue te wys.
Met ons leuse “Hand aan die ploeg” moedig ons harde werk, deursettingsvermoë en goeie waardes aan — in die klaskamer, op die sportveld en in ons gemeenskap. By ons leef die oortuiging: jou kind, ons belegging, hul toekoms. Daarom stap ons elke tree saam met ons leerders, ouers en personeel.
Hier is dit tyd om verantwoordelikheid te neem, nuwe uitdagings aan te pak en met trots vorentoe te beweeg.
DIS JOU BEURT!
Ons skool
By Laerskool Brits kry leerders die geleentheid om op akademiese, sport , kulturele sowel as tegnologiese gebiede te ontwikkel en blootstelling te kry.
Maar bowenal, poog ons om als wat ons doen, te doen op grond van Christelike waardes en beginsels.
Adres: Wicht Straat 2, Brits, 0250
Telefoon: (012) 252 3317
Epos: britsadmin@lsbrits.co.za
Skoolure: M-V: 07:15 – 13:45
#Goed beter britsie
Ons beskik oor ‘n puik gekwalifiseerde dinamiese bemanning aan boord om ons passasiers in elke situasie by te staan. Op hierdie vlug kan daar net besigheidsklas gevlieg kan word, want hier is elke passasier vir ons ewe belangrik.
Ons bemanning is deeglik bewus dat ons in geen opsig ons bestemming suksesvol sal bereik sonder die afhanklikheid van ons RIGTINGWYSER nie.
Daarom kan ons met trots sê: Goed Beter Britsie!
Missie en Visie
Laerskool Brits Missie en Visie
Visie:
Liefde is die hoogste doel van opvoeding in die onderwys. Boonop doen Laerskool Brits dit besonders goed.
Missie:
Laerskool Brits streef daarna om in Brits ‘n Afrikaanse Laerskool daar te stel wat:
• ‘n unieke en eiesoortige karakter het,
• opvoedende onderrig in Afrikaans aan elke leerder te verskaf,
• gerugsteun word deur Christelike waarders en norme,
• poog om te voldoen aan die redelike verwagtinge van sy belangegroepe,
• vir elke leerder redelik geleenthede wil skep binne sy/haar vermoë,
• gebalanseerde, gelukkige volwasse jongmense wil vorm wat ‘n positiewe bydrae tot die breë Suid-Afrikaanse gemeenskap sal kan maak.
Uit die Pen
Van ons Hoof
Elke nuwe jaar bring ’n vars begin — nuwe doelwitte, nuwe drome en nuwe geleenthede. Ons tema vir die jaar, “Dis jou beurt!”, is ’n eenvoudige, maar kragtige herinnering dat elkeen van ons ’n verantwoordelikheid én ’n voorreg het om ’n verskil te maak.
Vir ons leerders beteken dit: dis jou beurt om te leer, om te probeer, om te presteer, om pret te hê, om soms foute te maak en weer op te staan. Vir ons personeel is dit ons beurt om te lei, te ondersteun en elke kind raak te sien. Vir ouers is dit julle beurt om saam met ons hand aan die ploeg te sit en jul kinders aan te moedig om hul beste te wees.
By Laerskool Brits, met 116 jaar se trotse geskiedenis, bou ons elke dag voort op sterk waardes en ’n gedeelde visie. Ons glo vas: jou kind, ons belegging, hul toekoms. Wanneer ons elkeen ons beurt met oortuiging aanpak, skep ons ’n omgewing waar kinders veilig voel om te groei en met selfvertroue vorentoe te beweeg.
Mag hierdie jaar een wees waarin elke lid van ons skoolgemeenskap hul beurt met trots neem.
DIS JOU BEURT!
#goedbeterbritsie
– Walter Krüger
Hoekom ons skool?
DIE 5 PILARE
Laerskool Brits se sukses is gevestig op sy fondasie van 5 pilare.
Christelike Beginsels
Laerskool Brits is baie trots op die feit dat ons met die Kroon van God se skepping werk elke dag. Dit is ‘n taak wat ons glad nie ligtelik opneem nie. Ons poog om elke leerder deeglik op te voed op grond van Sy Woord, en deur ons fondasie op Hom te bou, maak ons seker dat Britsies ware Ligdraers in ‘n donker wêreld kan wees.
Akademie
Akademie is van uiterse belang vir enige kind, en dit is immers die hoofrede waarom skole daar is. Ons glo dat Akademie ‘n nie-onderhandelbare deel van u kind se opvoeding is, en daarom poog ons om u kind so goed moontlik voor te berei vir Hoërskool en hul lewenspad vorentoe. Ons bekwame, gekwalifiseerde span leerkragte is elke dag op ons pos om aan u kind ‘n puik akademiese ervaring te bied.
Sport
‘n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees en brein. Daarom is sport baie belangrik vir die ontwikkeling van al ons Britsies. Ons skool beskik oor puik afrigters wat ons kinders afrig, leer en voorberei om hulself ten volle op die sportveld te kan geniet. Ons bied ‘n massiewe reeks sportsoorte by die skool aan, soos: Rugby, Netbal, Krieket, Hokkie, Gholf, Sagtebal, Perdry en Swem, om maar net ‘n paar te noem.
Kultuur
Kultuur is ons kos vir die siel, en dis iets wat alle Britsies na aan die hart sit. ‘n Skoolloopbaan is maar net nie volledig sonder ‘n goeie dosis kultuur nie. By Brits is kultuuraktiwiteite behoorlik aan die brand! Ons aktiwiteite sluit in Kuns, Koor, Revue, Redenaars, Spreekkoor en Musiek om maar net ‘n paar te noem.
Tegnologie in die klaskamer
‘n Ander belangrike faset van ons skool, is dat ons glo om met kinders van vandag te werk, moet ons ook voorbly op tegnologiese gebied. Ons is trots op die feit dat ons skool bybly met vandag se tegnologiese vordering. In elke klas het ons interaktiewe slimborde (SMART borde) om onderwysers se taak in die klas te vergemaklik, en die leerproses vir leerders lekkerder te maak en te verbeter. Ons beskik ook oor ‘n toegeruste rekenaarsentrum waar leerders se taalvermoë verbeter kan word deur gevorderde lees-sagteware en programmatuur.
Leerlinge
Jaar bestaan
Personeel
Potensiaal
Maak kontak
Adres: 2 Wicht Straat, Brits, 0250
Telefoon: (012) 252 3317
Epos: britsadmin@lsbrits.co.za
Skool ure: M-V: 07:15 – 13:45